Elizabeth Hardwick se biografie – die tekstuur van ’n vriendskap

COME BACK IN SEPTEMBER

Elizabeth Hardwick se biografie – die tekstuur van ’n vriendskap

LOUIS GAIGHER bekyk Darryl Pinckney se ryk geskakeerde biografie van sy vriendin Elizabeth Hardwick – ’n meesterklas in letterkunde en die lewe.

AS kritikus was Elizabeth Hardwick vrygewig en regverdig in haar elegant verwoorde oordele. Tog het sy duidelik ’n renons in lewensbeskrywings gehad: “Biographies inevitably record the demeaning moments of malice and decline and have the effect of imprinting them upon the ninety years,” skryf sy oor ’n Katherine Anne Porter-biografie.

Om ’n Hemingway-biografie te lees voel soos om met die onderwerp in ’n gesinsmotor vasgekeer te wees vir ’n lang tog. “There is no doubt that this is ‘the material’. But it is not an existence” – ’n aanklag wat sy herhaaldelik, met variasie, teen ander biografieë maak.

In Come Back in September: A literary education in West Sixty-Seventh Street systap Darryl Pinckney lewensbeskrywing se “bland, insistent recording of the insignificant” (weer eens Hardwick) en gee hy die tekstuur weer van sy vriendskap met “Professor Hardwick” – en later “Lizzie”. Dié memoires is die onderwerp waardig en die onderdompeling in ’n tyd en plek is ryk geskakeerd, evokatief en vreugdevol, selfs al verdonker die tydsgees en is dit pynlik om ’n jonger self te konfronteer: “Almost every encounter with that old self can be rough. Just now I had to get up and go hold my head in the hallway.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.