VOLGENS die Puffin-uitgawes van haar Moemin-boeke het Tove Jansson alleen op ’n klein eiland in die Finse Golf gewoon waar sy die meeste van haar boeke geskryf het.
Die meer volwasse waarheid is dat sy vir langer as 40 jaar haar lewe met die kunstenaar Tuulikki Pietilä, oftewel Tooti, gedeel het – in arbeid en liefde. Die twee vroue het winters in Helsinki gebly en 26 somers, tot 1991 toe hulle al twee in hul middel-70’s was, deurgebring op ’n onherbergsame Finse klipeiland. Jansson was die dogter van ’n beeldhouer en grafiese kunstenaar en eilandbewoning en kunsmaak was die familie-ambagte.
Jansson het beroemdheid verwerf as skepper van die Moemins (Mumintroll in Sweeds), ’n familie van stilweg filosofies, effe melancholiese seekoei-agtige kreature en hul eiesoortige bondgenote. In nege boeke en strips van meer as 10 000 tekeninge het sy vanaf die middel-40’s – tydens voortslepende oorlogsontberings en -tekorte – tot die laat-50’s die Moemins se wêreld gevorm. Met verloop van tyd het hulle operas, temaparke en ’n vloedgold handelsware geïnspireer. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.