Boeke | Pussy Riot, Putin en die Slawiese siel

WOORDE WAT SEMENT BREEK

Boeke | Pussy Riot, Putin en die Slawiese siel

LOUIS GAIGHER lees Masha Gessen, die uitgesproke Russies-Amerikaanse joernalis, aktivis en skrywer.

“EERSTENS,” het Vladimir Putin in 2005 verklaar, “is dit allerbelangriks dat die totnietgaan van die Sowjetunie as grootste geopolitieke katastrofe van die 20ste eeu erken moet word.” Voorts, vir die Russe was die heengaan van die USSR ’n “volslae tragedie”.

Masha Gessen maak in boeke en essays sin van Putin se stelling, die oordrewe gegriefdheid en grootheidswaan waarvan dit spreek, die wrok waaruit dit krag put, die wêreldbeeld wat dit onderlê, die invloed wat dit op mense se lewens het en dag 275 van die Russiese inval in Oekraïne (as die anneksasie van Krim in 2014 buite rekening gelaat word). Gessen is ook ’n waarnemer van totalitarisme in ander wêrelddele en skryf oor outokrate, soos Donald Trump, se aanslag op taal wat ten doel het om ons gemeenskaplike vermoë om van die wêreld sin te maak te ondermyn.

’n Hangvlieër en ’n swerm kraanvoëls..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.