Boeke | Jy kan maar sê ek en Ali Smith is op pad kansel toe

LITERÊRE KYS

Boeke | Jy kan maar sê ek en Ali Smith is op pad kansel toe

Die dag toe MARITA VAN DER VYVER 'n uitasem en natgeswete fan uit Afrika met ’n waansinnige trek in die oë was.

’N LITERÊRE crush is nie dieselfde as ’n lewenslange leesverhouding met ’n skrywer se werk nie. Dis soos die verskil tussen ’n hartstogtelike affair en ’n bestendige huwelik. Maar soms lei ’n wilde verhouding tog na ’n gelukkige huwelik.

Dis waarom ek glo dat ek en my nuutste crush – die Skotse skrywer Ali Smith – op pad is kansel toe.

 Dit het al meermale gebeur. Ek lees ’n boek wat my voete onder my uitslaan, soos liefde met die eerste oogopslag, ek lees nog twee of drie boeke deur dieselfde skrywer, om seker te maak dis nie net ’n one-night stand nie, en as ek teen die derde boek steeds verruk en verwonderd voel, weet ek dis ’n volwaardige crush dié...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.