Boeke | ‘Klikbek’ Gilroy kruis swaarde met die gesiglose Crito

KRITIEK OP KRITICI TRIGGER SKRYWER

Boeke | ‘Klikbek’ Gilroy kruis swaarde met die gesiglose Crito

Is dit reg dat die gemaskerde Kavalier van Afrikaanse lettere anoniem dwarsklappe uitdeel, vra SIDNEY GILROY.

Ons lewe in die era van sosiale media. As Snotjantietie op Facebook of Twitter ietsie oor die boek blerts, dan dra dit net soveel gewig as ’n resensie in ’n koerant of tydskrif of op LitNet. Hierdie resensies hoef nie deur die publikasie aangevra te word nie; mens skryf net en bied dit aan. Soms gee dit vir die redakteur van die betrokke boekewerf ’n oplossing vir ’n lastige situasie. – Crito op LitNet

LAAS WEEK GESELS ek en ’n joernalis oor die hoër funksies van ’n taal en die dwarsklappe (lees poesklappe) wat hierdie week uitgedeel is op LitNet aan mense wat opinies oor boeke skryf. Groot ag word geslaan op die artikels wat op LitNet gedeel word – dis immers die bymekaarkomplek van skrywers, lesers en akademici in die – veral Afrikaanse – literêre sfeer.

Dit was dus te verstane dat mense notisie geneem het toe Crito, die swaardswaaier van kritiek op die kritici, haar stem dik gemaak het oor Snotjantieties wat hulself ongevraagd uitlaat oor boeke wat pas verskyn het. ’n Streep is in die sand getrek en dié wat hul hand onlangs aan ’n lesersindruk, opinie of resensie gewaag het, moes voorwaar soos ’n toffie gevoel het waaraan Crito al kouend smul op die openbare platform. Maaind you, sy braak gal van agter die veiligheid van ’n masker...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.