Boeke | Om ’n bierbottel oor iemand se kop te donner

DEBUUTSKRYWER LAAT LESERS REGOP SIT

Boeke | Om ’n bierbottel oor iemand se kop te donner

DIANNE DU TOIT ALBERTZE, skrywer van bottelnek breek bek, vertel hoe sy ’n dwelmprobleem opgedoen het en waarom sy Gayle-Afrikaans gebruik.

’n Okapi teen my keel gekos

My literêre moeder, K. Sello Duiker, was geken vir sy onkonvensionele metodes om navorsing te doen vir sy skryfwerk, veral met betrekking tot Thirteen cents en The quiet violence of dreams. Hy sou straatkinners en sekswerkers bevriend en het even experiment met die leefwyses om rêrig die lived experience te verstaan. Nou, ons verstaan mos maar “method acting” as die ding wat actors doen om Oscars te wen. Dis wanneer ’n actor die karakter wat hulle speel fisiek ook navors, om soos die karakter te leef en te experience wat hulle deurmaak. Dit kan lei tot ongelooflik realistiese acting, maar dit kan ook te ver gan – vat maar vir Heath Ledger met sy preparation virrie Batman movie Dark Knight.

Met bottelnek breek bek se skryf het ek kop eerste innie diep kant van “method writing” gespring. Toe Covid an geminki kom, het dit al moeiliker geraak om drugs innie hanne te kry. In my daai tydse neighbourhood was ook net buttons en tik available oppie menu. Ek was mossie sukke goed gewoontie. In Stellenbosch het ek my moeg gerook aanie scandy en innie stad wassit net patsy drugs voor en agter. Maar hoog wou ek word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.