Boeke | Van Robespierre tot Tolstoy

KERNEELS LEES WYD

Boeke | Van Robespierre tot Tolstoy

Die groot oorsese boekenuus van die oomblik is die publikasie in Januarie 2023 van prins Harry se memoires, Spare, asook die uitreiking van Matthew Perry se Friends, Lovers, and the Big Terrible Thing, sê KERNEELS BREYTENBACH.

Davenport & Flowers

John Camp, die Amerikaanse joernalis wat onder die skuilnaam John Sandford skryf, word oor twee jaar 80. Wat hy op die oomblik doen, kan beskou word as ’n model vir speurskrywers wat reekse boeke skryf met een of twee deurlopende hoofkarakters (ek kan my voorstel Deon Meyer, Rudie van Rensburg en so meer gaan ook eerlank hiermee worstel). Righteous Prey is die 32ste roman met Lucas Davenport as protagonis, en nes in Ocean Prey, die 31ste titel in die reeks, word Davenport gehelp deur Virgil Flowers, die deurlopende hoofkarakter van Sandford se ander speurreeks. Dit lyk of Sandford hom gereed maak om die reekse af te sluit, en eienaardig genoeg lewer dit van sy beste skryfwerk tot nog toe op. Die aksie en agterbaksheid is steeds daar, maar Davenport en Flowers het skielik opmerklik gegroei in terme van hul humorsin.

Wie, wat, waar en hoeveel? Righteous Prey deur John Sandford is deur Simon & Schuster uitgegee en kos R464 by Exclusive Books (https://www.exclusivebooks.co.za/product/9781398523845)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.