Boeke | Wat het van ons harte geword?

HUILMOOI

Boeke | Wat het van ons harte geword?

DEBORAH STEINMAIR lees Celeste Ng se jongste roman, Our Missing Hearts.

CELESTE NG (dit word “ieng” uitgespreek) is ’n Amerikaanse skrywer. Haar ouers het van Hongkong na die VSA geëmigreer. Haar vorige boeke was Everything I Never Told You, Little Fires Everywhere en bekroonde kortverhale. Temas in haar werk is rassisme, diskriminasie, outsiderskap. Sy het ’n liriese aanslag en ’n oor wat fyn ingestel is op dialoog, wat sonder aanhalingstekens weergegee word.

Our Missing Hearts is van begin tot einde lieflik en hartverskeurend. Dit speel nie in ons tyd af nie, maar in ’n ongespesifiseerde tyd nie te ver in die toekoms nie. Amerika se ekonomie het heeltemal ineengestort. Besighede het toegemaak en mense was werkloos, honger en dakloos. Daar was gewelddadige opstande en misdaad het hand uitgeruk. Toe het die regering vorendag gekom met PACT, die Preserving American Culture and Traditions Act. Wetgewing is ingestel wat alle mag aan die staat gegee en van die mense weggeneem het. Niemand mag die regering kritiseer nie. Stapels boeke word vernietig omdat hulle “on-Amerikaanse” sentimente verkondig: “Oh no, we don’t burn books here. This – this is America, right … We don’t burn our books. We pulp them. Much more civilized, right? Mash them up, recycle them into toilet paper. Those books wiped someone’s rear end a long time ago.”

China die Bose..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.