Boeke | ’n Moderne David Copperfield van die hillbillies

ROOIKOP-KARAVAANKIND

Boeke | ’n Moderne David Copperfield van die hillbillies

DEBORAH STEINMAIR het Charles Dickens se bildungsroman David Copperfield so lanklaas gelees dat die besonderhede van die storielyn vervaag het, maar toe sy Barbara Kingsolver se jongste, Demon Copperhead lees, het vele eggo’s haar geheue verfris.

BARBARA KINGSOLVER se jongste boek is, soos Charles Dickens se David Copperfield, ’n bildungsroman, wat ’n jong man se lewe van sy geboorte af chronologies verhaal. Damon het nooit sy pa geken nie; dié het voor sy geboorte verdrink in Devil’s Bathtub, ’n kuil onder ’n waterval. Sy pa was Melungeon, ’n groep nasate van slawe uit Afrika, inheemse Amerikaners en Europeërs. Soos sy pa het hy ’n blas vel, groen oë en rooi hare, vandaar sy bynaam, Demon Copperhead. Hulle woon in Lee County, Virginia.

Demon verwys selfs na Dickens: “Likewise the Charles Dickens one, seriously old guy, dead and a foreigner, but Christ Jesus did he get the picture on kids and orphans getting screwed over and nobody giving a rat’s ass. You’d think he was from around here.”

Sy ma was jonk, kinderlik en ’n verslaafde, wat (telkens) skoon gekom het om hom nie te verloor nie. Hulle het in ’n karavaan op die werf van die Peggot-gesin gewoon. Hulle woning vol huislikheid en liefde speel ’n belangrike rol in die kind se lewe. In Dickens se boek was dit die Peggotty-gesin. Sy ma trou met Murrell Stone (bekend as Stoner), ’n brutale lummel wat die kind se wil probeer breek en sy sadistiese aggressie op hom uithaal. In Dickens was dit Mr Murdstone. Stone se wreedheid dryf Demon se ma weer in die arms van dwelms, en sy sterf aan ’n oordosis. “We came out of too-hungry mothers.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.