Boeke | Sleutel sonder ’n slotsom

AANDKLOKREËL OF STRANDLOPER

Boeke | Sleutel sonder ’n slotsom

DEBORAH STEINMAIR peins oor Ali Smith se boek Companion Piece soos 'n ingewikkelde droom of meditasie.

AS jy na Ali Smith se gesig kyk, merk jy wysheid, deernis en deurleefdheid. Sy lyk sielig soos ’n Eskimo, braaf soos ’n Rooi Indiaan – ja, ek weet dis nie woke terme nie. Innuïet of inheemse Amerikaner klink so mak. Sy lyk soos ’n vrou wat gereeld saam met die wolwe hardloop. Teen volmaan, met kristalle en klippe.

Haar boek is soos ’n veelkleurige geweefde mat, soos ’n simfonie. Alles werk mee om die eindkunswerk te skep. Daar is ’n paar bene: Die verteller, Sand, se pa het hartprobleme en is in ’n koma. Tonele uit hulle verhouding speel voor die leser se oë af. Hy is kwasterig en het haar alleen grootgemaak nadat haar ma weggeloop het. Hy is geheg aan sy hond, wat nou haar verantwoordelikheid is. Die hond wil gaan stap.

Nog ’n been is ’n universiteitskennis, Martina, wat uit die bloute bel. Sy onthou dat Sand destyds drome kon uitlê en kaarte kon lees, “and you were really good at sounding like you knew what a line of poetry meant … The way you knew how to think about things that everybody more normal would dismiss as a bit off the planet”. Sy bel met ’n eienaardige probleem: Sy werk vir ’n museum en moes ’n waardevolle artefak in die buiteland gaan haal: die companion piece van die titel – ’n Middeleeuse ysterslot met klimop-versiering en verskuilde sleutelgat, en ’n groot sleutel. Sy het in ’n soort beswyming verval en ’n stem hoor sê: “Curlew or curfew.” Sy wil weet wat dit beteken...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.