ELKE boekprys het ’n aanslag en styl. Vir my wil dit voorkom asof die Bookerprys fokus op minderhede, onderdruktes, buitestanders wat in haglike omstandighede hul weg moet baan. Met vernietigende bestelle en diepgewortelde maatskaplike probleme, ou griewe en letsels, soos die verlammende nagevolge van apartheid (The Promise deur Damon Galgut), soos armoede en drankmisbruik (Shuggie Bain deur Douglas Stuart).
Dikwels gaan dit darem ook gepaard met die ongebreidelde lewensvreugde van diegene wat min het om te verloor, soos die vibrante vroue in Girl, Woman, Other deur Bernardine Evaristo. Met uiterste vooroordeel soos die patriargie se seksisme wat hand uitruk, soos Margaret Atwood se The Testaments. Dis altyd vars, vanuit ’n voorheen onverbeelde perspektief, soos die hiernamaals of die onderwêreld (Lincoln in the Bardo deur George Saunders en The Seven Moons of Maali Almeida deur Shehan Karunatilaka. In 2016 het ’n Amerikaanse boek vir die eerste keer die prys gewen, en dit was nie ’n boek oor die Amerikaanse droom nie. Paul Beatty se The Sellout daag die heilige beginsels van die VSA se grondwet uit en word vertel vanuit die oogpunt van ’n verloorder.
Nagmerrieagtige hiernamaals..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.