Boeke | Skryf en navorsing se sensuele lepellê

JOU LANG LEUEN MOET GELOOFWAARDIG WEES

Boeke | Skryf en navorsing se sensuele lepellê

Wat kom eerste – die eier van die kreatiewe skryfproses of die hoender van navorsing wat agter al die paragrawe lê? En wat behels die navorsing wat nodig is om ’n roman te skryf? CAS WEPENER deel geheime.

WEL, kom ons begin by die inspirasie, die kreatiewe proses self.

Dit gebeur wanneer ek dit nie verwag nie. Soms is dit net ’n sagte streling. Ander kere kom dit as ’n laagvat. Daardie eerste aanraking is net die ingewing, die verbeeldingsvonk. Dis die drywende seepbel wat soos ’n retinaloslating uit die niet verskyn. Net ek kan dit sien, en dit weerkaats die wêreld en ek in die wêreld. Dan plof dit en spat weg. Sonder dié soort inspirasie sal geen skepping wat darem ’n paar lesers wil bewoon plaasvind nie. Sodanige inspirasie laat my lyf vermoed dat daar genoeg in steek om my vir ’n lang tyd asosiaal, ongelukkig en dikwels onsmaaklik vir my geliefdes te maak. Ek kan nie besluit vandag skryf ek ’n roman oor ’n ou man op ’n plaas, of ’n vrou in ’n slaghuis of ’n reeksmoordenaar, en dan gaan sit en skryf nie. Nee, die karakter moet my roep en vra dat ek dit doen. En dan is dit ’n roeping en ek sal niks ontsien nie.

Tussen al die vonke en stemme is daar net daardie één wat my werklik laat aarsel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.