EK kan nie onthou dat ’n boek my al ooit so ontstel het soos It Ends with Us deur Colleen Hoover nie. Vir ure nadat ek dit neergesit het, was ek nog dwalend. Ek wou net huil. Dis tog nie die eerste keer dat ek van mishandeling binne ’n huwelik lees nie. Nog onlangs het die plaaslike leeslandskap asem opgehou oor So lyk ’n vrou van Ilse Verster wat 40 jaar lank deur haar man aangerand is. En ek het al professioneel te doen gehad met hoevéél vroue wat op verskillende maniere deur mans verrinneweer is.
Familie wat anderpad kyk
Jare gelede het ek ’n vrou uit haar huis gaan verwyder. Papgeslaan, sonder enige emosionele energie om haarself te red en met familie wat anderpad kyk. En nadat ons haar by ’n veilige plek afgelaai het, het ek en die polisieman wat my vergesel het, lank koponderstebo by die motor bly staan. Stomgeslaan – wat ’n ironiese woord! Siek van geweld. My destydse beroep as maatskaplike werker het ek verwens. Ek het elke maand bedank. En dan maar weer opgedaag. Ek het gedink dis omdat ek omgee, maar later is dit net ’n werk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.