MET digitale boeke is die skrif nie meer op papier nie, maar teen die spreekwoordelike muur vir boekwinkels, is al jare gelede voorspel. Ja, boekwinkels het swaar gekry, maar die verweefdheid van lesers met gedrukte boeke was veel sterker as wat vermoed is. Dis meer as die gevoel en reuk van papier of iets gewigtigs in jou hand. Dis ’n ingesteldheid. ’n Lojaliteit? En boekwinkels is steeds ’n kuierplek, of jy nou geselsies aanknoop, in stilte browse of met die winkelkat speel.
Onafhanklike boekwinkels vind toenemend ’n sterk herverkoopmark met gebruikte boeke, daardie “wild books, homeless books” met ’n tikkie van hul vorige lesers se sjarme, soos wat Virginia Woolf sê. Natuurlik is gebruikte boeke ook meer bekostigbaar en herwinningsvriendelik. So ’n mark gooi ’n verdere lekker draai deurdat lesers meer gewilliglik nuwe boeke koop, aangesien hulle weet hulle kan dit herverkoop.
In Manhattan maak ek seker om elke keer hierdie vyf onafhanklike boekwinkels te besoek, meestal vir hul voorraad gebruikte boeke, en ek stap selde met leë hande weg. Oukei, nooit. Ek stap nooit met leë hande weg nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.