KYK jy na wêreldwye verkope, hou lesers van ’n vleispaleis soos Jack Reacher: ver oor die outydse ses voet, daarby bonkig van spier, gehard, verrinneweer. Hy was vroeër militêre polisieman en is deesdae haweloos en onder die radar, met geen tegnologiese voetspoor nie, maar met toegang tot geld. Hy reis sonder bagasie, dra klere tot hy dit weggooi en ’n nuwe stel koop. Hy is soos Clint Eastwood (komaan, maak my dag) Chuck Norris of Suid-Afrika se eie transitoheld Leo Prinsloo. Dit maak nie saak of daar drie of vier gewapende skurke op hom toesak nie – jy kan maar weet hulle gaan binne sekondes almal geneutraliseer wees, in ’n ambulans op pad hospitaal toe, uit soos kerse. Hy is boonop briljant en uitgeslape, wakker soos ’n akker met ’n oog wat nie wyk nie en geen besonderheid mis nie, ’n brein wat blitsig prosesseer en komputeer en die beste opsie isoleer. Dis grinterig, maar is dit realisties, ten spyte van al die tegniese besonderhede wat klop.
Realiteit, sou ek sê, is eerder die karakters John Rebus (Ian Rankin), Harry Hole (Jo Nesbo) en Bennie Griessel (Deon Meyer) wat dikwels hulle rieme styfloop, te veel fles vat, hulle misreken of eenvoudig nie gespierd of vinnig genoeg is nie: Hulle word gereeld opgefoeter en strompel weg met gebreekte ribbes, neuse en arms, gekneusde wangbene en blouoë, om nie te praat van mesletsels en koeëlwonde nie. Hulle het hapore en littekens soos ongekastreerde mannetjieskatte.
Nog nader aan die saai werklikheid, sal ek sê, is Kassie Kasselman. Rudie van Rensburg was sowaar bitter braaf om so ’n onindrukwekkende speurder op die leserspubliek los te laat. Hy is ’n skraal mannetjie, platsak in ’n rooi windjekker, passievol oor sy seëlversameling en Boeremusiek. Hy drink net Creme Soda. Niemand sien hom aankom nie, maar sy brein is flink en hy is ’n regverdige mens. Hy is soos daardie vaal mannetjie in die ou deodorantadvertensie, wat opeens omring is deur vroue. Sonder die vroue. In Van Rensburg se jongste boek, Doolhof, raak Kasselman net een keer handgemeen met ’n boef en beland terstond op sy gat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
KRIMI'S VIR KRISMIS
Grinterige realiteit, superheld of bleeksiel?
Wanneer jy misdaadfiksie lees, wat soek jy in ’n speurder, geregsdienaar of misdaadoplosser? wil DEBORAH STEINMAIR weet.
Deel
KYK jy na wêreldwye verkope, hou lesers van ’n vleispaleis soos Jack Reacher: ver oor die outydse ses voet, daarby bonkig van spier, gehard, verrinneweer. Hy was vroeër militêre polisieman en is deesdae haweloos en onder die radar, met geen tegnologiese voetspoor nie, maar met toegang tot geld. Hy reis sonder bagasie, dra klere tot hy dit weggooi en ’n nuwe stel koop. Hy is soos Clint Eastwood (komaan, maak my dag) Chuck Norris of Suid-Afrika se eie transitoheld Leo Prinsloo. Dit maak nie saak of daar drie of vier gewapende skurke op hom toesak nie – jy kan maar weet hulle gaan binne sekondes almal geneutraliseer wees, in ’n ambulans op pad hospitaal toe, uit soos kerse. Hy is boonop briljant en uitgeslape, wakker soos ’n akker met ’n oog wat nie wyk nie en geen besonderheid mis nie, ’n brein wat blitsig prosesseer en komputeer en die beste opsie isoleer. Dis grinterig, maar is dit realisties, ten spyte van al die tegniese besonderhede wat klop.
Realiteit, sou ek sê, is eerder die karakters John Rebus (Ian Rankin), Harry Hole (Jo Nesbo) en Bennie Griessel (Deon Meyer) wat dikwels hulle rieme styfloop, te veel fles vat, hulle misreken of eenvoudig nie gespierd of vinnig genoeg is nie: Hulle word gereeld opgefoeter en strompel weg met gebreekte ribbes, neuse en arms, gekneusde wangbene en blouoë, om nie te praat van mesletsels en koeëlwonde nie. Hulle het hapore en littekens soos ongekastreerde mannetjieskatte.
Nog nader aan die saai werklikheid, sal ek sê, is Kassie Kasselman. Rudie van Rensburg was sowaar bitter braaf om so ’n onindrukwekkende speurder op die leserspubliek los te laat. Hy is ’n skraal mannetjie, platsak in ’n rooi windjekker, passievol oor sy seëlversameling en Boeremusiek. Hy drink net Creme Soda. Niemand sien hom aankom nie, maar sy brein is flink en hy is ’n regverdige mens. Hy is soos daardie vaal mannetjie in die ou deodorantadvertensie, wat opeens omring is deur vroue. Sonder die vroue. In Van Rensburg se jongste boek, Doolhof, raak Kasselman net een keer handgemeen met ’n boef en beland terstond op sy gat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Pussy Riot, Putin en die Slawiese siel
’n Stortvloed van nuwe publikasies
Sleutel sonder ’n slotsom
Geen einde aan huishoudelike geweld nie
Skryf en navorsing se sensuele lepellê
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.