’n Hemel vol kinderboekskrywers

KINDERBOEKE IS KONING

’n Hemel vol kinderboekskrywers

Vir EMMA BEKKER was die beste deel van ’n Sondag om teen haar ma in die moederskamer te sit terwyl sy vir haar en haar boetie uit een van hulle Liewe Heksie-boeke voorlees. Nou lees Emma self vir haar kleindogter voor.

Ek sien ’n nuwe hemel kom

“They grew up in a house filled with books and their parents read to them from an early age.” Geen TV-reeks oor reeksmoordenaars (en ek het ’n lewendige belangstelling in die onderwerp) open met dié soort woorde nie. As ek ’n sê kon hê oor wie nadoods spesiale kroonpunte vir spogposisies in die hiernamaals moet kry, is dit kinderboekskrywers. Toe die Sweedse outeur Astrid Lindgren (die skryfmoeder van Emil, die stoute rakker, en die onhebbelike Pippie Langkous) gevra is oor wat die verskil is tussen jong en volwasse lesers, was haar antwoord: “Ek wil nie skryf vir grootmense nie. Ek wil skryf vir lesers wat wonderwerke kan verrig. Net kinders verrig wonderwerke wanneer hulle lees.” Die Bybelse hemel is te somber vir Astrid en haar kollegas se sappige subversie.

Ek wil byvoeg dat magiese dinge kan gebeur wanneer daar vir ’n kind voorgelees word. En dit begin by die towerkrag van menslike konneksie. Die eerste geskenk wat ons oudste kind gekry het, pas nadat ons gehoor het van sy koms, was ’n boek, Goue lint, my storie begint (saamgestel deur Linda Rode en met illustrasies deur Alida Bothma, uitgegee deur Tafelberg Uitgewers). As amper 22-jarige moeder het ek gereken dat ’n nuwe aankomeling in die wêreld so vroeg as moontlik ingelyf moes word in een van die mirakels van menslike uitdrukking: stories. Stories is tog boustene vir die verbreding van ons mensheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.