Waar geskiedenis lewe kry en jou bloots ry

MISDAADFIKSIE, FAKSIE OF HISTORIESE FIKSIE?

Waar geskiedenis lewe kry en jou bloots ry

DEBORAH STEINMAIR weet nie hoe om Chris Karsten se jongte boek te klassifiseer nie, maar dit het haar geboei. Sy het ook No Less the Devil van Stuart MacBride, misdaad uit die boonste rak, gelees.

IN die huis van misdaadfiksie is daar vele wonings, het ek al gesê. Dié week het ek ’n deurdrumpel van ’n boek verorber wat ek nie weet waar om in te deel nie. Op pad na Moormansgat word aangebied as fiksie en handel oor ware gebeure: die Foster-bende wat in 1913-’14 ’n skrikbewind aan die Rand gevoer het, en hulle bloedige einde. In dieselfde tyd is generaal Koos de la Rey doodgeskiet in ’n padblokkade wat opgerig is om die Foster-bende voor te lê. Daar was natuurlik komplotteorieë dat die regering (Smuts en Botha) De la Rey laat uithaal het omdat hy die volk se liefling was en nie geneë om Duitswes binne te val namens die Britte nie.

Sien jy wat ek bedoel? Ís dit ooit fiksie? Ek sou dit faksie noem, of historiese fiksie. Dit handel wel onder meer oor misdaad, die genre waarvoor Karsten bekendheid verwerf het. En hy kán karakters laat lewe. Dialoog word sonder aanhalingstekens weergegee sodat die leser self moet raai wat hardop gesê en wat bedink word. Hy gebruik nie streekstaal of jargon nie, behalwe hier en daar ’n woord wat eie aan die spreker se milieu is. Dis doeltreffend: Só kan elkeen se stem elegant soos in sy moedertaal opklink.

Redakteurshand..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.