Latere Glück is kwalik ’n karige maal

NOBELPRYSWENNER VIR POËSIE

Latere Glück is kwalik ’n karige maal

Die Nobelpryswenner Louise Glück se latere werk bied ryke stof en is net so onontbeerlik soos Glück in liriese, verhalende, belydende, beeldende, mitiese, onversierde en Delphiese trant, skryf LOUIS GAIGHER.

LOUISE GLÜCK se 2020-Nobelprystoespraak is ’n pleidooi vir dié tipe gedig wat ’n ontmoeting en intieme verbond tussen ’n spreker en leser moontlik maak. Reeds as jong kind vind Glück aanklank by die “intimate, seductive, often furtive or clandestine” toon van onder andere William Blake en sy Songs of Innocence and Experience. Die invloed en bemoeienis duur voort. Soos die dikwels aangehaalde reëls uit “Nostos” (Meadowlands) dan ook lui: “We look at the world once, in childhood. / The rest is memory.”

Die boeke wat Glück (nou in haar 80ste jaar) sedert haar Nobelprys publiseer – die digbundel Winter Recipes from the Collective (2021) en haar eerste verhalende prosawerk, Marigold and Rose (2022) – kom aanvanklik effe skraps voor vanweë ruim wit spasie en ’n chapbook-bladsyomvang. Veral in ag genome die verwagtinge wat die Nobelprys skep en ’n oeuvre van 50 jaar waarvoor die Nobel net die mees onlangse toekenning is: twee essaybundels en 12 geliefde en bekroonde digbundels wat in versamelde vorm meer as 700 bladsye beslaan. Tog bied latere Glück ryke stof en is dit net so onontbeerlik soos Glück in liriese, verhalende, belydende, beeldende, mitiese, onversierde en Delphiese trant.

Deur te fokus op personasies aan die uiterste pole van die ouderdomspektrum – karakters wat hul spraakvermoë verloor of prysgee of taal vir die eerste keer bemeester – skryf Glück in hierdie twee boeke haar eie songs of innocence and experience – met ’n goeie skeut knowingness...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.