Die skitterende glans van oorsese literêre tydskrifte

TIMES LITERARY SUPPLEMENT, LONDON REVIEW OF BOOKS, NEW YORK REVIEW OF BOOKS

Die skitterende glans van oorsese literêre tydskrifte

Vertalings, relatief obskure boeke én populêre fiksie, biografieë en geskiedenisse word deur kundiges met sorg geresenseer. Kon ’n mens maar byhou met elke Donderdag se ryke opbrengs, swymel LOUIS GAIGHER.

Die Southport-grassnyermuseum

IN Lydia Davis se “How I read as Quickly as Possible through My Back Issues of the TLS” (uit haar bundel Can’t and Won’t) merk die verteller onder meer bydraes oor Inka-khipu, hommelbye, saailuise, die sielkunde van lieg, Anne Carson oor haar broer se dood, Catullus, bier, Oos-Pruise ná die Tweede Wêreldoorlog, Borges se lesings, stofomslae (“For the first time, the dust jacket has been given its due status ...”), Queneau, ’n geskiedenis van daguerreotipes, die Southport-grassnyermuseum en vertalings uit Serwies.

Sy wil nie ’n gedig met die reëls “Light dazzles from the grass/over the carnal dune …” lees nie. Ook is sy nie geïnteresseerd in stukke oor heraldiese luiperds, Londense teaterproduksies, die aartsbiskop van Canterbury, Eliot se vulpen, die Ouditkommissie, ’n kulturele geskiedenis van die akkordeon (“Squeeze this!”), of Anacaona: The Amazing Adventures of Cuba’s First All-Girl Band nie. Sy stel nie belang in ’n geskiedenis van diplomasie of Laura Bush se outobiografie nie, maar sal dalk later wel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.