Skrywers en hulle bekkige brakke

HONDESPORE IN DIE LITERATUUR

Skrywers en hulle bekkige brakke

MERCIA S. BURGER merk hoe skrywers se honde deur soveel van hul tekste en lewens draf. Want dis wat hondemense soos Mercia doen. Hulle praat met geringe aanmoediging onophoudelik oor hulle honde.

SOWAT 36 000 jaar gelede, voordat diere soos hase, hoenders, skape, beeste en bokke mak geword het – ja, selfs lank voor katte – het gryswolwe en mense mekaar gekies. Van daar af was dit mede-evolusie; die een het by die ander aangepas. Byvoorbeeld, toe mense sowat 10 000 jaar gelede met graan begin boer en stysel by hul dieet voeg, het honde met ’n drafstap gevolg deur ’n ensiem te ontwikkel wat die afbreek en vertering van stysel moontlik maak. Die wildheid was nou speels, die wolwe het gaan lê, hulself besonder tuis gemaak en troeteldiere geword.

Lees gerus Max du Preez (29 April 2022 (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2022-04-29-die-hond-en-die-mens-n-liefdesverhaal/)) en Jan Horn (20 Januarie 2023 (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2023-01-20-honde-bou-n-brug-na-die-ander-nasies/)) se artikels in Vrye Weekblad, waar hulle onder meer oor die domestisering van honde skryf. “My lewe sou veel minder vreugdevol gewees het as ek nie honde gehad het nie,” sê Du Preez, die hoofredakteur van Vrye Weekblad wat gewoonlik kaalvuis onder konkelende politici inklim, maar eensklaps ’n ou softie word as hy oor sy honde Spacey en Kweenie praat.

As jy ’n skrywer met ’n hond is, gaan daardie hond in ’n stadium vir seker ’n nat snoet in jou genre druk, hetsy simbolies, metafories, as ’n dun verskanste allegorie, ’n emosionele aanwyser of sommer net as ’n stukkie sentiment. Deur antropomorfie kan die brak selfs lekker bekkig raak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.