Bettina Wyngaard se stories en karakters lei jou in ’n lokval

DIE MAGIC VAN STORIEMAAK

Bettina Wyngaard se stories en karakters lei jou in ’n lokval

DEBORAH STEINMAIR gesels met 'n uitnemende skrywer oor haar jongste krimi.

ONS LAND, wat deurtrek is van misdaad, het darem ook uitstekende misdaadskrywers. Een van hulle is Bettina Wyngaard, vroeër legal eagle en nou voltydse skrywer. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, handel oor geslagte vroue in die Overberg. Daarna skryf sy vier krimi’s met eenwoordtitels en Nicci de Wee as hoofkarakter. Vuilspel, Slaafs, Jagter en nou Lokval. Ek het laasgenoemde in een sitting verslind en reken Wyngaard verbeter met elke boek.

Nicci is coloured en gay (heel terloops en toevallig) en die uiters spannende boeke lewer, sonder om ’n banier op te hou of ’n trompet te blaas, sosiale kommentaar oor kwessies soos regstellende aksie, korrupsie in die regering, die tekortkomings van die regstelsel, geweld, verlies van vertroue in die polisiediens, en rasse- en genderverhoudings. Maar wat bybly, is die karakters. ’n Mens soek hulle in elke nuwe boek weer op soos ou vriende. Min word verduidelik en uitgespel; ons leer hulle uit hul dialoog en handeling ken.

Haar skryfwerk – uitsonderlik in misdaadfiksie – is deurspek met menslikheid, ’n deernis, ’n onsentimentele goeilikheid. Die hoofstukke is kort en die spanning snaarstyf. Aktuele kwessies word aangeroer, soos mensehandel in haar jongste. Nicci de Wee is nou privaat speurder, maar gou sluit haar ekskollegas by haar aan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.