Mense-mens met boepens wat skuld en kinders maak

PEOPLE PERSON

Mense-mens met boepens wat skuld en kinders maak

DEBORAH STEINMAIR verkneukel haar in Candice Carty-Williams se onweerstaanbare tweede boek.

HET jy al Candice Carty-Williams gelees? Hierdie Britse skrywer se debuutroman, Queenie, het heelwat aandag getrek. Dit is beskryf as “a deliciously funny, characterful, topical and thrilling novel for our times.” Haar karakters is lewendig en eksentriek. Sy pak sosiale kwessies terloops en tong in die kies aan en haar werk het ’n ondertoon van verlies, ontheemding en reaksie op mikro-aggressie en rassisme.

Haar tweede roman, People Person, is net so ’n onderhoudende opstopper in die maag.

Cyril Pennington is ’n totale loser; ’n swart man in Londen wat nooit sy voete vind nie en vir wie dit onmoontlik is om persoonlike verhoudings aan te knoop, wat nog te sê handhaaf – al beskou hy homself as ’n mense-mens. Sy een voortand is goud, die ander een ’n halwe tand. Sy maag begin boep en hy dra ’n goue ketting met ’n kruisie “that danced down where his pecs had once been”. Hy is ’n blinkstefaans wat hou van mooi aantrek en hy het ’n pronkstappie. Hy ry ’n goue Jeep al het hy nooit papgeld betaal nie. Hy is diep in die skuld. Hy leen geld by sy vervreemde kinders, aan wie hy hom nooit gesteur het nie. “You is a handsome man, Cyril! he said to himself. He was definitely not a man who needed lessons in self-love.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.