Sy skryf om tussen haar karakters weg te kruip

OM TE LEWE IS ONOORSPRONKLIK

Sy skryf om tussen haar karakters weg te kruip

LOUIS GAIGHER bepeins die Chinees-gebore skrywer Yiyun Li se raaiselagtige oeuvre.

OPPERVLAKKIG bekyk, lyk dit asof Yiyun Li die eg Amerikaanse mites van selfherskepping en -verwesenliking vergestalt. Kyk dieper.

Li immigreer in 1996 na die Verenigde State uit China as 24-jarige aspirant-immunoloog. (Sy was 16 ten tyde van die Tiananmen-plein-opstande en sy en haar tydgenote is tot ’n jaar weermagdiens verplig as teenmaatreël.) Ná haar nagraadse studie in die wetenskappe woon sy die befaamde Writers’ Workshop van die Universiteit van Iowa by om haar Engels op te knap. Sy besluit om eerder te skryf en vervolgens publiseer sy vier fiksiewerke oor China post-Mao in ’n helder, soms bruuske, folkloristiese Engels. Lof en ’n magdom literêre pryse en toekennings stroom in, onder meer ’n MacArthur Genius Award.

Met ’n versameling outobiografiese essays, Dear Friend, from My Life I Write to You in Your Life (2017) ontkrag sy hierdie mites, bring sy ’n wending in haar skrywerskap en gee sy ons ’n lens waardeur ons haar fassinerende en raaiselagtige werk kan lees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.