Paulina Porizkova oor die merke van ouderdom, naaktheid, liefde ...

SONDER FILTERS

Paulina Porizkova oor die merke van ouderdom, naaktheid, liefde en verlies

Toe Paulina Porizkova in 1998 die gesig van Estée Lauder geword het, was dit die grootste modelkontrak wat tot op daardie tydstip onderteken is. In haar 50’s word sy ’n kampvegter teen die ‘onsigbaarheid’ van ouer vroue. Sy het pas ’n versameling essays gepubliseer. Dit is sensitief, nadenkend, intelligent geskryf en baie, baie roerend, sê ANNELIESE BURGESS oor die boek wat al haar vriend(inn)e aan die praat het.

PAULINA PORIZKOVA word op 15 ’n model in Parys. Sy maak meteoriese opgang en is een van ’n handjievol supermodelle in die 80’s en 90’s. Van die loopplank tot die voorblad van Sports Illustrated. Baie keer. Die voorblad van Vogue. Baie keer. Die voorblad van elke denkbare tydskrif. In musiekvideo’s en movies. Twee dekades lank.

In haar 40’s begin haar modelwerk opdroog. Porizkova besef dat sy, soos alle middeljarige vroue, onsigbaar begin word. Dat sy nie meer die ideaal is van ’n begeerlike vrou nie. Haar huwelik is ook in die moeilikheid. In daardie stadium is sy reeds jare lank emosioneel en fisiek deur haar man verwerp. En, besef sy, ook genadeloos beheer: haar geld, wat sy aantrek, en watter werk sy mag aanvaar (geen flieks met liefdestonele nie, en geen modelwerk waarin sy naak is nie). Sy besef ook dat sy haar lewe op baie vlakke vir haar man en kinders opgeoffer het (hallo, middeljare!). En dat sy nie weet wat met die (baie) geld gebeur het wat sy oor die jare gemaak het nie, want dit is deur haar man se besigheidsbestuurder hanteer.

Om ’n lang storie kort te maak, in haar 50’s word Porizkova ’n soort kampvegter vir “die onsigbare vrou”. Dié beeldskone voormalige supermodel begin foto’s van haarself op Instagram plaas sonder grimering. Sy wys haar plooie. En haar kaal middeljarige lyf. En haar dikgehuilde rooi oë...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.