Captain Jack: die DA se bulhond in Gauteng

SKERPPUNT

Captain Jack: die DA se bulhond in Gauteng

Jack Bloom is die langsdienende lid van die Gautengse wetgewer en die DA se provinsiale skaduminister vir gesondheid. Vir langer as drie dekades al gebruik hy sy vraetyd om die een skandaal ná die ander in die land se grootste gesondheidsdepartement oop te blaas. Die rede hoekom ons van Life Esidimeni weet, is omdat een man nooit ophou vrae vra het nie. Maar elke korrupsieskandaal, en elke hospitaal wat uitmekaar val, slaan hom steeds in die maag, sê hy aan ANNELIESE BURGESS.

DAAR is ’n grappie wat ek eenkeer by ’n ANC-LUR gehoor het: dat jy nie die premier van Gauteng kan word as jy nie eers die LUR vir gesondheid was en deurgeloop het onder Jack Bloom se vraetyd nie. Hulle mag hom haat, maar selfs by sy vyande is daar ’n teësinnige respek vir die DA se bulhond in die wetgewer.

“Ja, as dit nie een ding is nie, dan is dit iets anders by die gesondheidsdepartement,” lag Jack Bloom tydens ’n swak WhatsApp-verbinding uit Johannesburg. Dit is beurtkrag aan sy kant en sy rekenaar se battery is pap, so ons Zoom-gesprek word ’n bel-mekaar-heeltyd-terug-gesprek soos wat die selfoonsein kom en gaan. 

Jack Bloom is ’n ouskool-opposisiekryger. Ek het hom al ’n paar keer in uit die galery van die wetgewer in Johannesburg in aksie gesien waar hy een van sy “drie geskrewe en twee mondelinge vrae per week” afvuur: soms so presies gefraseer soos die loodpuntpatroon in ’n skerpskutter se loop (“om ’n toegewing af te dwing”), ander kere met die spreiwydte van bokhael (“om vir inligting te vis”)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.