Episode 1: Drywende lyk op Hakkiesbaai

VERVOLGVERHAAL

Episode 1: Drywende lyk op Hakkiesbaai

Die eerste aflewering van ZIRK VAN DEN BERG se vervolgverhaal, Droommoord, oor ’n vreemde voorval op 'n verlate kusdorpie.

1

EK hoor ’n skreegeluid, maar besluit dit moet ’n meeu wees. G’n mens sal tog op so ’n stormagtige nag buite wees nie. Al rede dat ek hier ronddwaal, is oor die verdomde kat al weer weg is. Ek het Rooibos juis gister laat regmaak om hom van sy rondlopery te genees. Met die vars steke is hy glad nie veronderstel om buite te wees nie. Ek sien in my gedagtes hoedat een van daardie steke aan iets vashaak en dan ryg sy binnegoed uit so ver hy loop, totdat daar net ’n leë katvel oorbly wat na sy asem staan en snak.

Genade tog, hou jou in, dink ek. My verbeelding hardloop al weer weg met my. Ek het gedink my manier om in die kleinste dingetjie ’n storie raak te sien, sal van my ’n goeie speurder maak, maar hoe sou ek ooit op ’n plekkie soos Hakkiesbaai kans kry om die grootkoppe van my speurvernuf te oortuig? Miskien moes ek maar liewer nie hier kom wegkruip het vir die lewe nie. Al wat ooit hier gebeur, is diefstal en dronkmoleste, laasgenoemde ook net in die somer as die vakansiegangers hier is. Teen dié tyd is die meeste al weer weg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.