Kortverhaal | Aajopuuta

GEHEIMENIS

Kortverhaal | Aajopuuta

Vandag plaas ons die eerste deel van die bekroonde skrywer GERDA TALJAARD se kortverhaal oor 'n geheimsinnige vrou wat op 'n strand uitgespoel het.

VERSTRENGEL in vislyn en skeepstou kry die dorpenaars haar, uitgespoel tussen meerminbeursies en stukke koraal. Haar lyf stukkend, haar vlegsel swaar en swart van die seewater.

Waar sy vandaan kom, weet niemand nie. En of sy dalk oorboord geval het van ’n passasierskip, kan niemand sê nie. Dat sy ’n welgestelde vrou is, kan almal wel sien. ’n Deftige aandrok klou aan haar, en om haar nek is ’n goue snoer waarin robyne geset is.

Een van die omstanders gaan vat haar onder die arms, en toe dié haar probeer oplig, hoes sy slymerige water en seegras uit. Die dorpenaars skrik terug. Hoe is dit moontlik dat sy nog lewe?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.