“DIE hele geloofsgedoente is vir my nogals vaal,” sê Francois Lion-Cachet. “Ek het nog altyd gesukkel met die toonhoogte van die Psalms, die orrel bekoor my nie en Afrikaner-kerke se argitektuur is vir my volksvreemd. Calvinisme is ’n hard sell en ’n sieldodende ding om volgens te leef. Ek het eenkeer R200 uit die kollektesakkie gesteel – voor die diakens die geld getel het, almal het eers tee gedrink – in my sak gedruk en om die kerk geloop. Ek het sleg gevoel en dit maar teruggesit. Ondanks calvinisme, of ten spyte daarvan, het ek steeds ’n sterk sin vir geregtigheid ontwikkel.”
Meer kan hy nie verskil van sy ooroupagrootjie Jan Lion-Cachet nie. Dié was ’n Joodse immigrant uit Nederland wat die christelike geloof aangeneem het, professor in teologie geword het en hom beywer het vir die Afrikaanse vertaling van die Bybel.
Tog: Amper presies 120 jaar nadat sy oorgrootjie een van die stigterslede was van die heel eerste Afrikaanse literêre publikasie, Ons Klyntji, het Francois Klyntji.com begin...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.