MY naam is Sarah. In die rol van Marthe Keller, die aktivis-dogter van ’n skatryk Holocaust-oorlewende in Claude Lelouch se jongste film, And Now My Love. Diep ingedagte en starend in die niet met ’n vilthoed laag oor die oë, ’n groot, swart donkerbril, ’n los wolserp om die nek en ’n lang jas tot amper op die grond, besig om ’n sigaret stadig te rook en koffie te drink. Iewers in ’n kafee op ’n mistige koue Franse kusdorpie. Ek verlang. Ek verlang altyd.
Dit het alles in standerd een met Haley Mills begin toe ek my hare soos Pollyanna begin dra het en verdwaalde babakatjies en siek voëltjies in skoenbokse in my kamer versorg het. Daarna was ek ’n ballerina. Dit was net ná een besoek van Kruik se balletgeselskap aan ons dorp. Ek het vir meer as ses maande in tweede posisie rondgestap totdat my pa gedink het my voete stáán so en gedreig het om my dokter toe te neem.
Gelukkig het The Sound of Music tot my voete se redding gekom. Daarna was niks weer dieselfde nie. My ouderdom was die naaste aan dié van Liesl von Trapp, maar ek wou Maria wees. Daai kort bruin baadjie en wye grys plietrok waarmee sy die klooster se hekke oopstoot en die wye wêreld in galoppeer terwyl sy “I have confidence” sing. Dis wat ek wou hê. Daardie uitrusting het jare by my gespook, lank nadat ek al van Maria en die kaptein vergeet het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.