DIS Maandag vroegoggend op Muizenberg se strand. Die see herinner aan ’n oopgebreekte kweper. ’n Vlasblonde branderplankryer staar na die branders, stil en nadenkend met die sout van die see op sy pienk wange. ’n Viskop dobber waar die laaste lyn van die see en nat sand ontmoet. Water stamp teen die rotse. Die branderplankryer se lyflikheid los op in die verblindende lig. Ek kyk stip na hom tot hy in die branders verdwyn. Daar is ’n soort geweld in die kwesbaarheid en skoonheid van die oomblik.
Ek draai my rug op die see en drentel na die ateljee van die kunstenaar Pierre Fouché in Fraserstraat. Vyf minute later is ek by ’n houthek met ’n patina getemper deur see en wind. Ek lui die klokkie en die kunstenaar maak die deur oop. Saam stap ons na die ateljee wat ook die bymekaarkomplek is van die Muizenberg Gentlemen’s Lace and Surf Club. Op die ateljeemuur pryk erotiese kantwerk, foto’s van branderplankryers, touwerk, macramé-kunswerke en ’n afdruk van Vermeer se intieme De Kantwerkster, die kleinste van al sy skilderye wat al in 1670 voltooi is.
Bykans vier eeue later is die pad van die konserwatiewe gemeenskap van Koffiefontein, waar Pierre se pa ’n myningenieur was, tot by Muizenberg se strand bykans onwaarskynlik, waaghalsig en ver...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.