Veganisme: eet vir die planeet

PLANT-AARDIG

Veganisme: eet vir die planeet

Veganisme en diëte met ’n plantbasis is groot nuus, skryf ALETTA LINTVELT (en deel sommer 'n resep vir kekerertjiepannekoek). Is dit net nog ’n modegier wat gaan oorwaai of is daar ’n onomkeerbare omwenteling in hoe ons eet op dié planeet?

ONLANGS bevind ek myself by ’n begrafnis waar daar heelwat mense is wat my dekades laas gesien het. Die eerste woorde wat uit ’n ou vriend se mond kom, is: “Ek is bekommerd oor jou Alet – ek hoor jy eet net plante.”

Nou, ek kom immers uit die Hantam waar om drie keer ’n dag skaapvleis te eet niks ongewoons is nie. Tog het die opmerking my verbaas en weer laat besef hoe verweef die kos wat ons eet, is met ons kultuur, rituele en herinneringe. En hoe dit mense half ... aardig stem as jy nie meer by dieselfde voerbak as ander staan nie.

Ja, om van vleis te skei, kan stellig groter ongemak in jou sosiale en familiekring bring as, wel, ’n egskeiding. En dit is nie net die praktiese sy daarvan nie – mense slaan sommer in ’n sweet uit as hulle hoor daar kom iemand vir ete wat net plante eet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.