Vincent van Gogh: Sonneblomme in die Fluisterbos

WEERGALOOS IN GEEL

Vincent van Gogh: Sonneblomme in die Fluisterbos

Die sonneblomme is oorbekend, die skilder se emosionele stryd te veel male oorvertel. Die skilder HENK SERFONTEIN wat dikwels in swart en wit werk, verlustig hom in Van Gogh se geel.

EEN dag ná my besoek aan die Van Gogh-museum se someruitstalling Van Gogh en de Zonnebloemen huur ek 'n fiets en ry vanaf Hoofddorpplein deur die Fluisterbos na Haarlem.

Die Fluisterbos is 'n sagte groen met boomtakke wat soos bejaarde arms bo my kop waai. Die bome verkry 'n ekspressionistiese dimensie soos in verskeie potloodtekeninge van bome wat Van Gogh in die laatsomer gemaak het. Buite die bos maak die landskap oop en langs die pad staan sonneblomme soos vlammekranse, aangesig tot aangesig in die son. Informeel en menshoogte staan hulle daar en wag asof by 'n taxistaanplek.

Dit was in Montmartre waar Van Gogh die stewige plant met die groot blare die eerste keer informeel geteken en geskilder het, 'n plant wat soos die mitiese Japannese godin Amaterasu die son aanbid het. Weergaloos in geel, wat die illusie skep dat dit kan volhard teen enige emosionele verduistering...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.