Fritter dinners vir beurtkragtye

KOS

Fritter dinners vir beurtkragtye

’n Fritter is ‘so ’n brosserige koekiegedoente’ waarvoor ALETTA LINTVELT baie lief is. Sedert die mieliekoekies van haar kinderdae het sy geproe wat die res van die wêreld met die nederige mieliepit doen.

EK hou baie van ’n fritter dinner. So ’n brosserige koekiegedoente met ’n slaaitjie is net die ding vir aandete op hierdie lang someraande wanneer jy eet as die son nog hoog sit.

Oor die wêreld heen is fritters gewilde straatkos – gerieflik, vinnig, bros, warm, geurig, vullend. En jy het net ’n pan en ’n gasstofie nodig. En aangesien beurtkrag my kombuis tot ’n straatkombuis reduseer, eksperimenteer ek tans met baie fritter dinners.

Natuurlik het ek grootgeword met gebraaide mieliepoffers wat Ma met gerasperde geel kaas en gouestroop soms vir aandete voorgesit het. Tog is dit eers toe ek die eerste keer in Bali op ’n soel aand by ’n padstal in ’n bakwan jagung byt – ’n gebraaide soetsout koekie wat met mielies en sprietuie gemaak en met rissiesous voorgesit word – dat ek malverlief op hierdie happie geraak het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.