Hoekom kyk mens sport?

SPORT

Hoekom kyk mens sport?

Sportkyk is nie meer die gesonde stokperdjie wat dit was nie. ’n Opgewerkte LOUIS DE VILLIERS spoel mond uit: oor Nick Mallett se elitisme, die televangelis Joel Osteen, die kombinasie van slapeloosheid en alkohol, Manchester City, Qatar, ensovoorts. En Cronaldo.

DAAR is goeie redes om sport te volg. Jy speel dit byvoorbeeld, of jou kinders speel dit en/of die plaaslike Ouers/Onderwysers verwag jou bywoning.

Of jy het dit eens gespeel, of jy help soms by die klub of jy blablabla heelpad deur tot daar waar jy dit net ooit op TV kyk en net-net genoeg daarvan verstaan dat Nick Mallett se selfversekerde prediking hom in jou oë ’n soort van rugbyweergawe van die televangelis Joel Osteen maak. Nes Osteen is hy natuurlik ook net suksesvol as of omdat jyself nie van beter weet nie.

Dit beteken natuurlik uiters suksesvol, want daar is deesdae min onderwerpe wat moerse kundigheid verg solank jy net genoeg praat en ’n paar woorde ken van drie of meer lettergrepe. By die skrywe hiervan het Mallett homself pas verspot laat lyk met sy mening dat Suid-Afrika – soos Ierland – net vier beroepsrugbyspanne moet hê en dat Rassie Erasmus faal in sy plig as Suid-Afrikaanse direkteur van rugby...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.