Avokadokoppe, broekaftrekkers en snotterjasies – ons praat sokker, ja!

SOKKERWÊRELDBEKER

Avokadokoppe, broekaftrekkers en snotterjasies – ons praat sokker, ja!

LOUIS DE VILLIERS sal 'n kardioryke stokperdjie moet opneem wanneer die opwinding van die Sokkerwêreldbeker Sondag tot 'n einde kom. Intussen hou hy ons op die hoogte van sake en op die punt van die stoel oor wie daardie falliesgeïnspireerde trofee in die hande gaan hou.

DIE beste sokkerspeler in die wêreld is Frankryk se jong Kylian Mbappé. Die beste speler ooit is die ou Argentyn Lionel Messi. Die beste speler by die Wêreldbekertoernooi is, tot waarskynlik amper almal se verbasing, Mbappé se Franse kollega Antoine Griezmann. En oormôre pak hulle mekaar.

Dit was maar ’n hartseer affêre toe Marokko eergister die aftog teen Frankryk moes blaas. G’n skande nie, die eindtelling van 2-0 was taamlik vleiend vir die wêreldkampioen – wat Sondag gaan probeer om die tweede span tot nog toe te word wat die Wêreldbeker kan behou, ná Brasilië in 1962.

Die Noord-Afrikane was amper enduit in die prentjie, maar moes hul struktuur effens losser maak nadat die Franse se Théo Hernandez binne vyf minute een van daai pinball-doele geskiet het wat louter chaos amper onmoontlik maak om te keer. Maar ná die Marokkane se Qatar-sprokie – met sokkerreuse soos België, Spanje en Portugal onder hul slagoffers – verdien hulle ’n yslike hiephiephoera en hul spanbestuurder, Walid Regragui, ’n kontrak by ’n groter span as Wydad Casablanca, wat hy anderdag na ’n Afrika-klubtitel gebrei het. Regragui is eers op 31 Augustus in dié pos aangestel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.