DIE eerste maal dat ek die World Cup proppers kon volg, was ek en ’n skooltjommie in 1990 in die destydse Tsjeggo-Slowakye. Ons was haastig Oos-Europa toe nadat die Berlyn-muur geval het. Ons wou gaan kyk hoe lyk die lande waarteen hulle ons in Jeugweerbaarheid gewaarsku het.
Die Tsjegge en Slowake is natuurlik op hul beurt op skool geleer watter agterlike snuffelurke ons Suid-Afrikaners was en was derhalwe puik gashere in hul verbystering dat ons nie rassisties was nie, vir grappies gelag en gedans het en ons eie zmrzlina kon bestel.
Die eerste wedstryd in Italië was pas verby toe ’n kelner in Bratislava grootoog vir ons op ’n stukkie karton die nuus bring: Kamerun 1! Argentina 0! Ons het behoorlik gejubel en behoorlik gejuig en daarna elke dag ’n kroeg gekry om ’n wedstryd te kyk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.