5 mocktails vir die vakansie

ALKOHOLVRYE SOMER

5 mocktails vir die vakansie

Jy kan nie bra met 'n beker rooibostee sit wanneer die mense om jou die son groet met glasies sjampanje nie. As jy een van die groeiende aantal geheelonthouers van die wêreld is, het GERHARD GREYVENSTEYN vir jou vyf nie-vervelige alkoholvrye drankies.

EK het op 19 die eerste keer ’n alkoholiese drankie gehad.

Dit was ’n Weisse mit Schuss, ’n tradisionele drankie in Berlyn, gemaak met Weissbier en ’n sopie Waldmeister. Die groen likeur maak dit net-net soet genoeg om te drink sodat ’n newbie nie onmiddellik naar word of uitpass nie – die pragtige smaraggroen aanskyn van die drankie ten spyt. Ek het wel gegril terwyl rillings van opwinding langs my ruggraat afgehardloop het: alkohol! Soos my broer as tiener eenkeer opgemerk het terwyl ons verlangend na ons uitgebreide familie kyk wat drankies geniet: “Ek wil ’n gewone mens wees as ek groot is”, bedoelende iemand wat bier kan drink sonder om te blik of te bloos.

My lang verhouding met alkohol het hier begin. Aanvanklik was dit net een keer per maand of selfs minder. Later het ek in Parys gewoon en Franse wyn leer geniet. Terug in Johannesburg het ek by ’n ontwerpagentskap gewerk en die drankies het gevloei: Vrydagmiddag teen drie uur het die bestuurder ’n aflewering van die drankwinkel ontvang en die naweek het begin. Dit was ook my klubdae. House-musiek en flikkerende ligte en lyntjies van dit en pilletjies van dat. Met baie drankies. My beroemde gin en tonic het gewoonlik helfte gin en helfte tonic bevat. Later was daar die Kaapstad-dae. Nou het ek alleen gedrink: elke aand ná werk, nie meer vir die lekker nie, maar vir die móét...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.