’n Bordjie soet en ’n bordjie sout

ONTHAAL SONDER 'N GEDOENTE

’n Bordjie soet en ’n bordjie sout

Jy hoef nie altyd al die registers van die orrel oop te pluk as jy 'n Desember-partytjie hou nie. Maak net vyf verskillende goed en sit dit mooi voor sodat jou vriende reeds versadig kan raak van met die oë eet. GERHARD GREYVENSTEYN gee vyf maklike idees.

DIE susters van die gemeente is dikwels gevra om ’n bordjie soet of ’n bordjie sout by te dra. Of dit nou was vir ’n vergadering of ’n begrafnis, die gemeentelede was altyd gereed om ’n ietsie te eet. Dis waarskynlik ook wat ons mense gemeen het met mense van oor die wêreld heen: kos as ritueel, kos as vertroosting, kos as verwelkoming en as boetedoening.

Wanneer gaste oorkom, hetsy dit nou daai spesiale date is wat jy eers onlangs op ’n dating app ontmoet het, jou twee beste vriende op besoek uit ’n ander dorp, of die familie met drie geslagte wat wissel van wispelturige tieners tot wankelende bejaardes, eet sal ons éét.

En o, hoe om te onthaal wanneer mense deesdae so vol fiemies is? Meer as in die verlede, wonder ek? Of dalk net fiemies met groot name? Glutenweerstandigheid. Laktose-intoleransie. Vegetaries, en haar meer militante suster: vegan. My raad? Ontspan. Maak kos waarvan die meeste mense hou. En maak seker dat daar ’n bord met heerlike vars (vervelige) groentecrudités is waaraan die moeilikheidmakers kan kou. Geen doopsous, want dis te riskant. Die kans is goed dat jy dié span sal vies maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.