China laat ’n suikerbek verlang

DIE SUIKERSONDE

China laat ’n suikerbek verlang

GERHARD GREYVENSTEYN het tandpyn, daarom bak hy sjokoladekoek. Hy is die gewillige slaaf van sy suikerluste, hoewel hy alles weet van hierdie euwel. Hy weet nie of die vrees vir die tandarts hom sal genees nie.

EK sien die instrumente, die meeste daarvan duidelik dieselfde as in die sewentigerjare toe ek vir die eerste keer hierdie folterkamer besoek het. Ek sien die helder lig. Ek sien die een wat my gaan folter met die inspuitingnaald en die boor. Ek hoor die boor, ’n deurdringende, skerp geluid wat niks goeds beteken nie. Ek ruik die reuk van verval, dinge in my mond wat besig is om dood te gaan of reeds dood is. Ek proe die bloed en die gerusstellende bitter smaak van die nuwe vulsel. Ek voel die water in my mond, en as hulle dit nie nou dadelik uitsuig nie, gaan ek verstik.

O ja, al die sinne word betrek by hierdie foltering. G’n wonder ek is ’n wankelrige wrak wanneer ek 30 minute later daar uitstap nie. En my voorneem: Ek moet regtig minder suiker eet. Want ek haat tandarts toe gaan.

***..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.