Die pyn van sokkeronttrekkingsimptome

SOKKERWÊRELDBEKER 2022

Die pyn van sokkeronttrekkingsimptome

Die aanbod van 64 wedstryde in 2022 se Sokkerwêreldbeker het mense soos LOUIS DE VILLIERS verslaaf gemaak. Met nog net enkeles oor maak hy hom gereed vir die onttrekkingsimptome.

AL hierdie Wêreldbekertoernooie in sokker en rugby en krieket het ’n groot ding gemeen terwyl hulle hul markte probeer uitbrei: Eers is daar gans te veel daarvan en dan is daar skielik te min. Die wêreldliggame in dié sportsoorte se sakeplan het minstens dit gemeen met jou basies gemiddelde dwelmsmous s’n.

Nadat ons vroeër in die huidige sokkerweergawe ’n ongehoorde vier wedstryde per dag kon geniet (byvoorbeeld ekke) of moes ontbeer (byvoorbeeld my arme huisgenote) het die chaos gekristalliseer en van 64 wedstryde bly net sewe oor. Ek begin ly by voorbaat aan onttrekkingsimptome.

Hoe langer jy kan sokker kyk, hoe langer kan jy immers ignoreer wat in die Donbass, Mar-A-Lago of Phala Phala Toe gebeur. Dit laat ons met twee wedstryde vandag, twee môre, en die laaste drie op Dinsdag, Woensdag en volgende Sondag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.