Die hi-fi’s van my lewe

ROCK ON!

Die hi-fi’s van my lewe

ALI VAN WYK reken vandag se kinders weet nie wat ’n hi-fi is nie omdat hulle nooit slegte klank geken het nie. Hy onthou wat die oorgang van vrot klank na hoëtrouklank in sy lewe beteken het.

EK luister in my sitkamer na die enigste opname van Jimi Hendrix se liedjie “Machine Gun”. Dis op Nuwejaarsdag in 1970 regstreeks opgeneem by die Fillmore East-rock-venue in New York. Dit was een van net ’n handjievol konserte deur Hendrix se nuwe groep, Band of Gypsys, met Buddy Miles op tromme en Billy Cox op baskitaar, in die jaar van Hendrix se dood.

Wel, om dit ’n liedjie te noem is bietjie simpel, want Afrikaans het nie ’n gepaste woord vir die Engelse rock song of pop song nie. Selfs om dit ’n song te noem skiet te kort, want dit is eintlik ’n 12 minute lange virtuose improvisasie, ’n klanksimulasie van ’n skermutseling in die oerwoude van Viëtnam met die geratel van masjiengewere, mortiere wat ontplof en patrone en skrapnel wat fluit deur die lug en blare.

Hendrix doen dit alles op ’n Fender Stratocaster wat ’n heeltoon laer gestem is, met ’n paar distorsie-pedale en versterker-luidspreker. Dit is Hendrix sonder enige perke. “Machine Gun” is minder bekend en gewild as sy ander werk, want dit is nie ’n lekkerluister-liedjie wat in die agtergrond kan aantjommel nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.