WISKUNDESOM: Wat kry jy as jy opera plus met 70’s-punk-rock? Soos in Pavarotti en Maria Callas plus The Clash en The Sex Pistols?
Antwoord: U2! So sê die hoofsanger, Bono (gebore Paul David Hewson in 1960), in sy outobiografie. In sy woorde figureer al die kenmerke van byna elke musiekstyl denkbaar: opera, punk-rock, blues, jazz, pop, klassiek én rap. Die grootsheid en drama van opera – wat sy Katolieke pa aan hom bekendstel – en die rebellie en woede van punk-rock wat in die 1970’s in Ierland weerklink, trou uiteindelik in die klanke van die grootste rockgroep van die 1980’s en 1990’s.
En dit word die klankbaan van my lewe as 1987-matrikulant met daardie jaar se The Joshua Tree wat my wegvoer uit apartheid-Suid-Afrika na “Where the Streets Have No Name”. “I still haven’t found what I’m looking for” word my geloofsbelydenis...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.