Khoisan-bewussyn is besig om oor Suid-Afrika te spoel. Om dit te verstaan is dit nodig om verskeie perspektiewe daaroor te verken en te besef dit gaan oor veel meer as identiteitspolitiek, etnisiteit of ras, skryf RAFAEL VERBUYST.
WAT beteken dit vir ’n “uitgestorwe volk” om hulleself polities, ekonomies en kultureel te herstel? Wie bepaal hulle veronderstelde uitwissing en hoe word hierdie opvatting uitgedaag? Hoe en hoekom laat “herleef” mense ’n sogenaamde vergete verlede op soek na identiteit, erkenning en herstelling? Waar kom so ’n beweging vandaan en watter soort volgelinge lok dit? En hoekom, bowenal, speel “inheemsheid” (Engels: indigeneity) so ’n prominente rol?
Hierdie vrae vorm die kern van my boek, Khoisan Consciousness: An Ethnography of Emic Histories and Indigenous Revivalism in Post-Apartheid Cape Town (https://brill.com/display/title/62153) (in 2022 gepubliseer deur Brill). Die oorsprong van die benaming Khoisan is kontroversieel, maar dit word algemeen gebruik met verwysing na die Kaapse Khoi-, San-, Griekwa-, Korana- en Nama- etniese groepe met die oudste voetspoor in Suider-Afrika, insluitende deur baie van die betrokke mense.
Ondanks verbete weerstand is die Khoisan van die middel van die 17de eeu af onteien. Hul kultuur, taal en bestaanswyses is onderdruk namate hulle in die koloniale samelewing opgeneem is. Gedurende apartheid is die Khoisan as “kleurlinge” geklassifiseer naas verskeie ander gerassifiseerde groepe, wat die hardnekkige mite van hulle skynbare uitsterwing bevestig. “Kleurling” het neerhalende konnotasies van verbastering, maar baie het die etiket mettertyd geïnternaliseer of herdink. Die meeste individue met ’n Khoisan-afkoms identifiseer trouens steeds as “kleurling” en die “oorblywende” Khoisan word dikwels beskou as mense wat “teruggryp na die Steentydperk” en in die Kalahari-woestyn woon...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
UITGESTORWE VOLK?
Hoe om Khoisan-herlewing te verstaan
Khoisan-bewussyn is besig om oor Suid-Afrika te spoel. Om dit te verstaan is dit nodig om verskeie perspektiewe daaroor te verken en te besef dit gaan oor veel meer as identiteitspolitiek, etnisiteit of ras, skryf RAFAEL VERBUYST.
Deel
WAT beteken dit vir ’n “uitgestorwe volk” om hulleself polities, ekonomies en kultureel te herstel? Wie bepaal hulle veronderstelde uitwissing en hoe word hierdie opvatting uitgedaag? Hoe en hoekom laat “herleef” mense ’n sogenaamde vergete verlede op soek na identiteit, erkenning en herstelling? Waar kom so ’n beweging vandaan en watter soort volgelinge lok dit? En hoekom, bowenal, speel “inheemsheid” (Engels: indigeneity) so ’n prominente rol?
Hierdie vrae vorm die kern van my boek, Khoisan Consciousness: An Ethnography of Emic Histories and Indigenous Revivalism in Post-Apartheid Cape Town (https://brill.com/display/title/62153) (in 2022 gepubliseer deur Brill). Die oorsprong van die benaming Khoisan is kontroversieel, maar dit word algemeen gebruik met verwysing na die Kaapse Khoi-, San-, Griekwa-, Korana- en Nama- etniese groepe met die oudste voetspoor in Suider-Afrika, insluitende deur baie van die betrokke mense.
Ondanks verbete weerstand is die Khoisan van die middel van die 17de eeu af onteien. Hul kultuur, taal en bestaanswyses is onderdruk namate hulle in die koloniale samelewing opgeneem is. Gedurende apartheid is die Khoisan as “kleurlinge” geklassifiseer naas verskeie ander gerassifiseerde groepe, wat die hardnekkige mite van hulle skynbare uitsterwing bevestig. “Kleurling” het neerhalende konnotasies van verbastering, maar baie het die etiket mettertyd geïnternaliseer of herdink. Die meeste individue met ’n Khoisan-afkoms identifiseer trouens steeds as “kleurling” en die “oorblywende” Khoisan word dikwels beskou as mense wat “teruggryp na die Steentydperk” en in die Kalahari-woestyn woon...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
‘Hoekom is daar ’n Ndebele in my winkelsentrum?’
Waarom word 1 Desember 1834 so afgeskeep?
’n Boesmanboer maak hopelik ’n plan
Herontdek ’n gedepolitiseerde Afrikaan(s)
As SA destyds ’n ander koers gekies het
Deel
Deel
Volgende artikelRafael Verbuyst
NavorserRafael Verbuyst is ’n antropoloog en historikus. Hy is tans ’n postdoktorale navorser by die geskiedenisdepartement aan die Universiteit van Gent en die Khoi-en-San-sentrum van die Universiteit van Kaapstad.