SEDERT die opkoms van die sogenaamde “alternatiewe” kunstenaars is skerp vrae gevra oor die rol van Afrikaanse kultuurorganisasies soos die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) en die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in ligte Afrikaanse musiek. Met die FAK as die kulturele vleuel van die Broederbond word ’n politieke motief baie duidelik in die organisasies se bemoeienis met dié musiek.
Die motief is om te verhinder dat die sosiaal-politieke orde in Suid-Afrika bevraagteken word. Toe die alternatiewe kunstenaars dít begin doen, is die propagandamasjinerie dadelik ingespan om hulle verdag te maak. Instellings soos die SAUK, die FAK en die ATKV bevorder daarenteen tot elke prys ligte Afrikaanse musiek wat geen substantiewe inhoud het nie en glad nie ’n sosiaal-politieke bewussyn aanspreek nie.
Deur oor strande, seemeeue, swaeltjies, kalwerliefde en rugby te sing word die volk se aandag afgelei van sosiaal-politieke kwessies – wat veral in die huidige tydsgewrig in Suid-Afrika brandend aktueel is. So help ligte Afrikaanse musiek kunstenaars om ’n valse bewussyn onder Afrikaners te skep en bevorder...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.