IN 2006 het Neil Sandilands om een of ander rede in Stellenbosch gewoon, en omdat hy vervoerloos was, het hy besluit om vir hom ’n poegie (bromponie) te gaan koop. Toe hy by die motorfietswinkel in Dorpstraat instap, let ’n plaaslike tannie hom op. Draai toe om na die mense en vriendinne agter haar: “Sien julle! Daar is Bart! Ek het julle gesê hy’s nie dood nie!”
Dit het ’n allemintige stormloop veroorsaak, soveel so dat die eienaar die winkeldeure moes sluit en Neil later skelm by die agterkant van die winkel moes laat uitry op sy nuwe swart ponie, wat hy terstond Black Betty (na die liedjie van Leadbelly) gedoop het.
Die meeste Suid-Afrikaners het Sandilands destyds as Bart in die sepie 7de Laan leer ken. Baie onlangs, tydens ’n podcast met die blogger Joha – van Johaverse, my wêreld, my gat en ander-faam – vra sy hom of hy omgee dat mense hom steeds Bart noem...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.