‘Ons moet kopskuiwe maak: oor skoolvakke, onderwysers én ...

NUWE DENKE NODIG

‘Ons moet kopskuiwe maak: oor skoolvakke, onderwysers én Afrikaans ...’

Die pedagoog, navorser en skrywer prof. Michael le Cordeur gesels met ANNELIESE BURGESS oor hoekom entrepreneursdenke belangriker is as om te leer oor die “voortplanting van die sprinkaan", waarom swak onderwysers 'n soort korrupsie is en hoekom hy nie meer 'n kampvegter vir Afrikaans wil wees nie, maar 'n brugbouer.

MY gesprek met prof. Michael le Cordeur, hoof van kurrikulumstudies in die departement van onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch, begin met 'n staaltjie oor 'n grassnyer wat met petrol werk, en 'n jong seun wat 'n gaping kan sien.

“Gister is daar hierdie outjie wat my buurman se gras sny tydens beurtkrag. Hy dra sy eie masjien op sy skouer en hy loop van huis tot huis. Hy sê vir my, Meneer, jou gras het ook 'n lekker cut nodig. Ek het jou buurman R150 gevra, maar vir jou sal ek R100 vra. En voor ek nog ja of nee kan sê, sny hy my gras. 

“En ek dink so by myself: daai man gaan elke aand R350 in sy sak hê, maar op pad huis toe gaan hy by die poskantoor verby stap waar 'n klomp mense staan en wag vir hul R350 se maandelikse aalmoes. Hulle gaan R350 hê vir die hele maand, terwyl dié outjie, net omdat hy 'n bietjie entrepreneursvaardighede het, en gewillig is om bietjie te werk, elke dág R350 verdien. Vermenigvuldig dit met 30, kyk waar kom hy uit."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.