Hoe gaan dit met Afrikaanse kinderboeke?

HOE LANK GAAN KINDERS NOG AFRIKAANS LEES?

Hoe gaan dit met Afrikaanse kinderboeke?

Is dit ’n kwessie van tyd voor die Afrikaanse kinderboekbedryf ook die staat se verwaarlosing van inheemse tale begin weerspieël? Hoe lank sal onafhanklike uitgewers nog kans sien om in Afrikaanse kinderboeke te belê, vra SHANÉ VAN DER MERWE.

AS kind het ek as kranige leser menige pouse in die skoolbiblioteek deurgebring. Nou nog wanneer ek deur ’n dennewoud stap, dink ek onwillekeurig aan Martie Preller se Anderkantland. Bettie Naudé oftewel Topsy Smith se karakter Saartjie, wat alewig ’n weerbarstige krul wegvee, was een van my goeie vriendinne. Ciske van Piet Bakker en Die Rooi Prinses van Paul Biegel het ek oor en oor gelees.

Wie was die afgelope 50 jaar die belangrikste rolspelers in die publikasie van Afrikaanse kinderboeke? Dit lyk soos ’n speletjie van musical chairs, waar die politieke onderrok ver uithang, veral wat die voorskryfmark betref. In ’n onlangse studie noem Leoné Tiemensma dat kinderboekpublikasie as ’n soort spieël dien van ’n land se politieke, sosiale, ekonomiese en kulturele sisteme.

Afrikaans het voor 1994 ’n bevoorregte posisie in die publikasiebedryf geniet. Danksy steun van die regering het Afrikaanse kinderliteratuur in die tweede helfte van die 20ste eeu ’n bloeitydperk beleef. In die 1990’s was Anansi die mees prominente uitgewer van Afrikaanse kinderboeke, hoofsaaklik vir die biblioteekmark...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.