Vyf nuwelinge vir lesende speurlustiges

KERNEELS LEES WYD

Vyf nuwelinge vir lesende speurlustiges

KERNEELS BREYTENBACH doen aanbevelings oor internasionale boeke op die misdaadfiksietoneel, van Brittanje en Amerika tot Swede.

IN die spektrum van vreemde verslawings is dié wat mens algaande ontwikkel om soveel moontlik unieke speurverhale te wil lees sekerlik een van die gesondstes. Daar was al tye waarin ek ernstige kommer gehad het oor hierdie kompulsie, maar mens besweer dit gou deur ’n boek te gryp deur ’n skrywer van wie jy nog nooit gehoor het nie.

Ek bevind my nou in so ’n tyd, en die vrugte van my genesende soektog lys ek hieronder. (Sonder om nou te veel klem daarop te lê, bevind ons ons in ’n brandmaer oksel van die tyd – in die Top 20 van verkopers in die Amerikaanse mark is daar vyf titels deur Colleen Hoover. Al maande lank. Dat sy nie van haar troontjie gestoot word nie, is ’n teken van hoe min nuuts deurkom.)

Ek het nog altyd gevind dat ek troos kan vind in een van Dorothy L. Sayers se Lord Peter Wimsey-romans, of ’n Agatha Christie-boek waarin Hercule Poirot die speurder is. Helaas is ek ook alte bewus daarvan dat Sayers en Christie vir my meer ’n saak van nostalgie en ’n terugverlang na my jeug is. Wat ek nodig het, weet ek, is speurverhale waarin die plot en die oplossing van die sentrale raaisel ’n absoluut unieke patroon het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.