Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Wanneer die TV-base jou boek plunder
KERNEELS BREYTENBACH kyk onder meer na geliefde boeke wat verfilm word.
Deel
JY moet die onderhoude lees met skrywers wie se boeke in TV-reekse omskep is. Mense soos Margaret Atwood, Stephen King, Mick Herron. Loop nie eintlik oor met geesdrif oor die fyner nuanses van hul boeke wat in die slag gebly het toe TV-regisseurs die boeke geplunder het vir dinge wat Jan Publiek aanvaarbaar sal vind nie.
Binnekort gaan diegene van ons wat inskakel by die groot stromingsdienste van oorsee (Netflix et al) ’n reeks te siene kry met die titel Daisy Jones & the Six. Dit is gegrond op Taylor Jenkins Reid se gelyknamige roman van 2019. Meer as ’n miljoen eksemplare is van Reid (skrywer van onder meer The Seven Husbands of Evelyn Hugo) se roman verkoop, wat meebring dat die boek aan baie Suid-Afrikaners bekend sal wees.
As jy dit nog nie gelees het nie, is dit nou ’n baie goeie tyd daarvoor. Die roman handel oor ’n denkbeeldige rockgroep, Daisy Jones & the Six, wat in die 1970’s groot was. Aanvanklik net as The Six, met ene Billy Dunne as hoofsanger. Maar dan begin die wildewragtig van ’n sangeres Daisy Jones saam met hulle sing. Sy daag Billy se leierskap uit en dinge raak rowwer as in die uitgesnyde tonele van ’n Leon Shuster-movie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Rekenskap, Cave, geografie en literêre huwelike
Kunstenaars, spioene, kook en stambome
Oor katte, Kuba, selfhelp en dierekommunikasie
Ons smulpaap kies die sappigste oes
Die Spare-vloermoer en ander nuwe boeke
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.