’n Krimi en ’n noir vir die donker dae

WAT LEES ONS BY KERSLIG?

’n Krimi en ’n noir vir die donker dae

DEBORAH STEINMAIR het nie in hierdie tye trek vir ligte leesstof nie. Dit moet donker en genuanseerd wees, soos bitter sjokolade.

TUSSEN niefiksie deur het ek in hierdie dae ’n krimi en ’n noir gelees om die donker te verdryf en om in die lees van ander se ellende en dilemmas minder alleen te voel.

Die Skotse outeur Val McDermid staan bekend as die Queen of Crime en haar boeke word in vele tale vertaal. Hierdie is die tweede boek met Allie Burns as hoofkarakter. Allie is ’n joernalis. Sy was ’n ondersoekende joernalis, maar hulle publikasie is oorgeneem deur ’n gewetenlose mediamagnaat en neig nou na die poniepers, met amper geen joernaliste oor nie. Dis vir my ’n bekende landskap, en interessant om oor te lees.

Allie is vreesloos en impulsief; lief vir uitdagings. Dis die jaar 1989, die jaar toe my oudste kind gebore is. Soveel dinge het sedertdien verander en soveel nuwighede het kop uitgesteek: selfone, die internet om maar twee te noem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.